Suikerrietbedryf toon skerp afname

Ook in die buurland sê die portefeuljekomitee vir Handel en Nywerheid in die Parlement die suikerrietbedryf het deur die jare ‘n skerp afname in inkomste en produksie getoon. Tydens ‘n vergadering met belanghebbendes het dit aan die lig gekom dat die daling moontlik toegeskryf kan word aan die goedkoop invoer van suiker wat die plaaslike mark oorweldig het. Die Suid-Afrikaanse bedryf het met byna 25 persent afgeneem, ‘n daling tot op 2,1 miljoen ton in die afgelope 20 jaar. Die aantal suikerrietboere het met 60 persent afgeneem.