Ramaphosa verskyn weer voor Staatskapingskommissie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal volgens berigte op 31 Mei en 1 Junie weer voor die Staatskapingskommissie verskyn. Hy sal hierdie keer as Staatshoof getuig nadat hy verlede maand as President van die ANC getuig het. Suid-Afrikaanse media berig dat Ramaphosa waarskynlik lig sal werp op die grootskaalse korrupsie tussen 2014 en 2018 toe hy Oudpresident Jacob Zuma se Adjunkpresident was. Hy het beloof om dan vrae te beantwoord wat voortspruit uit sy eerste getuienis voor die kommissie.