Shangula sê gerugte oor Covid-19 is belaglik

Mense skep allerhande gerugte oor die Covid-19-virus. Die virus word selfs as fopnuus afgemaak met beweringe dat regerings geld van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang. Daar is selfs stemgrepe wat op sosiale media en plaaslike radiostasies versprei word wat beweer dat inentings newe-effekte veroorsaak. Sommige mans beweer dat hul manlikheid ná inenting beïnvloed word. Die Namibiese Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hierdie beweringe is belaglik.