Suiker styg met 20 persent op 7 April

Die Namibiese Handel Landbou-forum sê dat tekorte van verfynde suiker in die SAOG-streek sowel as die hoë tariewe wat in plek is op suikerinvoere vanaf die wêreldmark, sal ‘n verhoging van 20 persent in die prys van witsuiker geïmplementeer moet word vanaf 7 April. Daar is nie voorraad vir April en Mei nie en invoere vanaf buite die doeane-unie het ‘n onbetaalbare heffing van 40 persent. Anton Faul, senior handelsadviseur van die forum verduidelik.

 Daar is reeds uit sommige oorde kritiek uitgespreek oor Namibië se lidmaatskap van die Suider-Afrikaanse doeane-unie omdat dit beskryf word as ‘n huwelik tussen ongelykes.