EFF sê werkloosheid verstom nie 

Die EFF sê die toename in werkloosheid wat Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak het, skok hom glad nie. Die party sê die ANC het die wit kapitalistiese stelsel met die belangrike taak van werkskepping toevertrou, dus is daar steeds ‘n bloedbad wat werk aanbetref in Suid-Afrika en dit vererger die vlakke van armoede. Die werkloosheidsyfer het tussen die derde en vierde kwartaal van verlede jaar vanaf 34,9 tot 35,3 persent toegeneem. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê dit beteken meer as 280 000 werkers het in daardie tydperk hul werk verloor.