Ekonome verwag groot styging in brandstof

Ekonome voorspel ‘n verdere groot styging in brandstofpryse wanneer die Namibiese ministerie van myne en energie môre die prys bekend maak. Die prys van brandstof tree altyd op die eerste Woensdag van die maand in werking en dus behoort dit op 6 April in werking te tree. Die prys van olie het in die afgelope 30 dae met amper 9 persent gestyg, en oor ‘n 90-dag periode, met amper 35 persent. Robert McGregor ‘n ekonoom van Cirrus in die hoofstad, het sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus gedeel, maar voeg by die regering is nie magteloos nie.