Suide-vuur is uiteindelik geblus ná reuse-skade

Brandslaners het daarin geslaag om vanoggend in die vroeë oggendure die verwoestende brand in die omgewing van Karasburg te blus, het Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Sy sê sowat 14 plase het afgebrand, honderde duisende hektaar weiding is verwoes, infrastruktuur soos drade en pyplyne is beskadig, talle vee- en wildverliese is gely en mense is beseer. Le Grange sê die totale skadeberaming sal nou gedoen word, maar reuse-verliese is deur boere gely.