Ramaphosa vra hulp van Soedi-Arabië vir hernubare energie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep op onafhanklike kragprodusente in Saoedi-Arabië gedoen om Suid-Afrika te help om van steenkool na hernubare groen energie oor te skakel. Die land se energiekrisis is boaan die President se agenda om beleggings te lok. Sy staatsbesoek aan Saoedi-Arabië is daarop gemik om handel tussen die twee lande verder te bevorder. Ramaphosa het tydens ʼn toespraak voor die Beleggingsforum van Saoedi en Suid-Afrika gesê verskeie ooreenkomste sal gesluit word om die ekonomiese en breër verhouding te verstewig en te konsolideer.