Richelieu Eagles verpletter Sri Lanka in eerste T20 Wêreldbeker-wedstryd

Die Richelieu Eagles het in die amptelike openingswedstryd van die IKR T20 Wêreldbeker in Geelong in Australië vir Sri Lanka met 55 lopies verpletter. Sri Lanka het die loot gewen en die Ealges ingestuur om eerste te kolf. Die Namibiese krieketspan het 163 lopies vir die verlies van sewe paaltjies aangeteken. Sri Lanka kon net 108 lopies behaal. Jan Frylinck is as die speler van die wedstryd aangewys.