Suid-Koreaanse werkers vies oor ophef van inperkings

Werkers in Suid-Korea is nie gelukkig oor die feit dat amper alle Covid-inperkings aan die einde van die maand gelig gaan word nie. Internasionale media berig dat die einde van sosiale afstand-maatreëls beteken dat na-werk etes, bekend as ‘hoeshik’ in die land, terug is. Hoeshik vorm deel van die werkskultuur in Suid-Korea en kollegas gaan eet saans na werk saam. Talle jonger Suid-Koreaane voel die praktyk moet gestaak word omdat dit indring op persoonlike tyd en is in werklikheid oortyd sonder enige betaling.