VN staan by internasionale misdaadhof

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die VN se veiligheidsraad kon nie daarin slaag om die oorlog in Oekraïne te voorkom of te beëindig nie, en voeg by dis ‘n bron van groot frustrasie en teleurstelling. Hy het gister die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, in Kiëf ontmoet. Die VN-veiligheidsraad met 15 lede se taak is spesifiek om wêreldvrede en -veiligheid te verseker. Guterres sê daar is geen manier waarop oorlog in die 21ste eeu aanvaarbaar is nie: