Suid-Korea lewer Nieu-Seelandse vrou uit na kinderlyk gevind is

Suid-Korea se minister van justisie, Han Dong-hoon, het ‘n uitleweringsbevel uitgereik vir die Nieu-Seelandse vrou wat gearresteer is in verband met die dood van twee kinders. Die twee jong kinders se oorskot was ‘n paar jaar lank in tasse versteek voordat ‘n Aucklandse gesin niksvermoedend op ‘n aanlyn veiling die bagasie in ‘n bergplek gekoop het. Hulle het die aankope huis toe geneem waar hulle die liggame ontdek en die polisie in kennis gestel het. Die minister het amptenare ook opdrag gegee om bewyse wat tydens die vrou se arrestasie verkry is, aan Nieu-Seelandse owerhede te oorhandig.