Action Society vra vir  nuwe ondersoek na Cele se huurooreenkoms

Action Society sê hulle weet lankal die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, is nie geskik vir sy amp nie en moet afgedank word. Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat het die Valke gevra om weer ondersoek in te stel na die omstrede huurooreenkoms waarby Cele betrek word. Die saak hou verband met sy pogings meer as tien jaar gelede om ‘n gebou in Pretoria te huur wat as nuwe polisiehoofkwartier sou dien, maar sonder om die regte tenderprosedure te volg. Ian Cameron van Action Society sê Cele moet aanspreeklik gehou word: