Gelukwensing vir Am en Mabenge

SA Rugby se president Mark Alexander het die Springbok-senter Lukhanyo Am en die Springbok-vroue se vleuel Nomawethu Mabenge gelukgewens met hulle benoemings in die jaarlikse Wêreldrugby-toekennings. Am is benoem vir die Wêreldrugby-mans-15 se Speler van die Jaar. Mabenge is benoem in die kategorie vir Rugbyspelers-vroue se Drie van die Jaar vir haar drie in die eerste toets teen Spanje in Augustus in Potchefstroom. Alexander sê dis ‘n reuse-prestasie vir die twee spelers om benoem te word.