Suid-Korea hou militêre oefening saam met VSA, Japan

Suid-Korea het saam met Amerika en Japan sy eerste gesamentlike oefeninge in vyf jaar met duikbote geloods ná die afvuur van missiele deur Noord-Korea. Die oefening volg kort op Kamala Harris, die VSA se vise-president, se besoek aan Suid-Korea waartydens sy haar land se verbintenis tot veiligheid van sy Asiatiese bondgenote herbevestig het. Die oefeninge langs die Koreaanse skiereiland se ooskus het ten doel om moontlike aanvalle deur Noord-Korea af te weer, wat daaraan werk om sy vermoë om missiele vanaf duikbote af te vuur, te verbeter. Noord-Korea het die afgelope paar jaar groter duikbote gebou en gesofistikeerde missiele getoets wat afgevuur kan word.