Belgiese perde-jokkie stamp mededinger van perd af

Perdewedrenne: ‘n Belgiese perde-jokkie het om verskoning gevra nadat hy vir 60 dae geskors is omdat hy ‘n mededinger tydens ‘n wedren in Frankryk met sy elmboog afgestamp het. Christophe Soumillon het Rossa Ryan tydens die wedren in Saint-Cloud van sy perd laat afval. Soumillon sê hy het dit nie opsetlik gedoen nie, maar het net probeer om sy posisie te behou. Die Ierse jokkie is nie beseer nie, maar Soumillon is gediskwalifiseer nadat hy tweede geëindig het. Sy verbod begin eers op 14 Oktober en hy sal môre aan Europa se rykste wedren in Parys kan deelneem.