Stad Tshwane betwis skuld van R1,6 miljard aan Eskom

Die Stad Tshwane betwis bewerings dat hy Eskom 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand skuld. Volgens die stad is hy daartoe verbind om betalings aan sy krediteure, wat die kragvoorsiener insluit, na te kom. ʼn Woordvoerder van die stad, Lindela Mashigo sê ‘n betalingsreëling is voorgelê, wat ‘n standaardpraktyk in munisipale aangeleenthede is. Mashigo moedig kliënte aan om hul rekeninge ten volle en betyds te betaal, wat die stad in staat stel om Eskom betyds te betaal.