Suid-Korea het ‘n blinkplan vir piesangs…

Hier is ‘n blinkplan vir dié wat van piesangs hou. In Suid-Korea word sewe piesangs op verskillende grade van rypwees, in een verpakking verkoop sodat jy elke dag ‘n ryp piesang kan eet. Hulle noem dit ‘een ‘n dag’ piesangs. En hoe is dit nuus? Meer as 5 miljard piesangs word jaarliks weggegooi in die VSA omdat hulle oorryp is en in Brittanje, is die syfer op 160 miljoen. Suid-Koreane word aangemoedig om nie voedsel te vermors nie en die verpakking maak dit moontlik, ten minste vir piesangs.