Geingob vaar weer teen lede uit by Ouderlinge-kongres

President Hage Geingob het by die party se Ouderlingeraad-kongres teen ‘geleerdes en kaders’ uitgevaar en sê dat Swapo na sy oorspronklike status teruggebring moet word. Hy het hulle aangesê om eerder op hul eie sake te fokus. In sy mening het die party nie raadgewers nodig wat net waarsku oor sy vyande wat buitelandse filosofieë, en twee magsentrums in die party wil inbring nie. Dit saai, volgens hom, net verdeeldheid en verwarring. Toegewyde kaders moet bly en die wat ‘moeg’ is, moet waai. Geingob het partylede aangemoedig om hul pogings te verskerp om Swapo se posisie as ‘n mensegesentreerde party te konsolideer deur sy leierskap te versterk.