InfoWars & Alex Jones soek berskerming teen bankrotskap

Die maatskappy wat die verregse samesweringswebwerf InfoWars besit het aansoek gedoen vir bankrotskapbeskerming in die VSA. Dit is gedoen in aanloop oor ‘n moontlike 150 miljoen Amerikaanse dollar wat Free Speech Systems en sy stigter, die omstrede Alex Jones, in skadevergoeding sal moet betaal in ‘n verhoor oor valshede wat hy oor die Sandy Hook-laerskool massaskietvoorval voortgesit het. Normaalweg sal so aansoek enige ander verhoor eers staak maar, die maatskappy sal Maandag die hof vra vir dié beskerming terwyl die verhoor oor die skietery voortgaan in Texas.