Suid-Afrikaners verdien goeie polisiediens

Die raad van die St. George-katedraal in Kaapstad, burgerlike organisasies en besorgde individue het gevra vir ‘n polisiediens wat Suid-Afrikaners verdien. Plakkaat-betogings oor hierdie kwessie word Woensdag regoor die land beplan. Volgens die groep was daar verskeie georkestreerde aanvalle op toegewyde polisiebeamptes met integriteit. Een van die organiseerders van Woensdag se byeenkoms, Eldred de Klerk, sê die jongste voorbeeld is die afdanking van generaal-majoor Jeremy Vearey.