Renosters se horings kan nagespoor word

Twee renosters, Igor en Denver by die Buffalokloof privaat wildreservaat in die Oos-Kaap, is die eerste om radio-aktiewe, stabiele isotope in ‘n gat in hulle horings te kry. Dit is om navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand te help met ‘n studie om die smokkelaars van renosterhorings af te skrik. Die radio-aktiewe merkers sal seker maak dat die horings by internasionale grensposte opgespoor word. Internasionale media berig dat die studie monsters van die diere sal insamel om vas te stel hoe die isotope in die horing reageer.