Olifantbieërs besig met invoerpermitte

Ondanks ‘n versoekskrif van meer as 100 000 handtekeninge wat die Namibiese veiling van 170 olifante teenstaan, het die Namibiese omgewingsministerie vier maande ná die tender vir die omstrede veiling, bevestig dat onderhandelinge met bieërs aan die gang is. Volgens die woordvoerder, Romeo Muyunda, is die bieërs besig om invoerpermitte vir die olifante te bekom. Rachel Harris van Elephant Human Relations Aid, deel haar gedagtes met Kosmos 94.1 Nuus.