Suid-Afrikaners stem in Oktober in plaaslike owerheid verkiesings

Die DA sê hy is verheug dat Suid-Afrikaners later vanjaar die geleentheid kry om hulle swaarverdiende reg om te stem, kan uitoefen. President Cyril Ramaphosa het bevestig dat plaaslike regeringsverkiesings op 27 Oktober vanjaar gehou gaan word. Die DA leier, John Steenhuisen, sê die feit dat die regering die inwerkingstelling van ‘n omvattende en doeltreffende Covid-19-inentingstrategie verbrou het, bied kiesers die perfekte geleentheid om na die stembus te gaan. Intussen sê Dennis Bloem van die Congress of the People hulle verwelkom die feit dat die verkiesing voortgaan.