Fishrot: Noa sê hulle is gereed

Alle oë is vandag op die Hoërhof waar die 7 Fishrot-beskuldigdes vir die eerste keer in hulle voorverhoor oor twee sake verskyn. Die sake volg na hulle arrestasie in November 2019 na ‘n ondersoek deur die internasionale nuusagentskap Al Jazeera. Die ondersoek is deur die Teenkorrupsie Kommissie hanteer. Die Direkteur-Generaal van die kommissie Paulus Noa sê hulle is gereed.