Suid-Afrikaners se skuld-tot-inkomste-verhouding hoogste ooit

Inperkings is verslap, Suid-Afrikaners mag weer na ander lande reis en dit lyk asof die moontlikheid bestaan om weer na normaal terug te keer. Dit is egter nie nou die tyd om oorgerus te raak nie. Dit is die mening van DebtBusters se hoof, Benay Sager. Hy sê Suid-Afrikaanse verbruikers se skuld-tot-inkomste-verhouding is die hoogste ooit en mense sukkel met maandelikse terugbetalings. Sager sê tussen 2016 en vanjaar was nominale inkomstes gemiddeld drie persent hoër. Wanneer die inflasie-groei van 24 persent oor hierdie tydperk egter ingereken word, het ware inkomste met 21 persent gedaal.