Fossielbrandstofproduksie sal tot 2030 skerp styg

Die ontginning van olie en gas sal tot 2030 skerp styg terwyl daar slegs ‘n matige afname in steenkool-winning sal wees. Dit is volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies se omgewingsprogram. Die VN sê regerings se planne om in die volgende nege jaar fossielbrandstowwe te ontgin, sal nie bydra om wêreldtemperature op veilige vlakke te hou nie. Die COP26-klimaatskonferensie vind oor ‘n week in Glasgow in Skotland plaas en die fokus is op die grootste sondaars, insluitend die Verenigde Koninkryk, Amerika, Australië en Saoedi-Arabië.