Suid-Afrikaners moet help met die dooiepunt oor staatsamptenare

Die Suid-Afrikaanse Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om met voorstelle vorendag te kom rakende die dooiepunt in die staatsdiens se salarisonderhandelinge. Daar is Vrydag ‘n dooiepunt bereik, omdat die regering hou by ‘n nul-persent verhoging, terwyl georganiseerde arbeid aandring op die Verbruikersprysindeks plus vier persent. Mchunu sê kenners het reeds hul mening gegee. Daar is reeds gerugte oor ‘n landwye staking in die sektor indien die regering nie sy aanvanklike aanbod verbeter nie.