Amerikaners doen navorsing op die impak van veldbrande op strome

‘n Span navorsers aan die Universiteit van Kalifornië en die Nasionale Bosdiens in die VSA het navorsing gedoen oor die impak van veldbrande op strome in die Los Padres Nasionale Woud. Navorsing is gedoen oor die gesamentlike uitwerking van droogte en brande op stroomlewe. Die navorsing beklemtoon die waarde van bolope en het bevind strome se bolope dien tydens ‘n brand, droogte en ander omgewingstoestande wat klimaatsverandering beïnvloed, as ‘n veilige hawe vir sensitiewe waterspesies.