Suid-Afrikaners deur 14 Namibiërs beroof

Vier gesinne van Pretoria se Oranje-rivier roei-avontuur het in ‘n nagmerrie ontaard toe hulle kamp deur tussen 12 en 14 rowers na-aan die Namibiese grens aangeval is. Volgens Willie Mouton, een van die slagoffers, was die mans, wat van Namibië afkomstig is, met pangas, rewolwers, ‘n pistool en ‘n Uzi-aanvalsgeweer gewapen. Hulle het geld gesoek maar daar was nie kontant nie en het toe selfone, juwele en skoene gevat. Die gesinne is saam met hulle twee gidse in die donkernag beveel om in die bote te klim en te roei. Die rowers het die kamp oorgeneem en die kos geëet en die drank gedrink. Die groep het gesukkel maar uiteindelik op die oewer van die rivier oornag en die volgende dag verder geroei tot hulle by nog ‘n groep aangekom het. Klagte is reeds in Namibië by die polisie gelê en een man is reeds in hegtenis geneem toe hy gevind is met van die gesteelde goedere.