Aussies klop Proteas net-net

Australië het die openingswedstryd van die Super-12 afdeling van die mans T20 Wêreldbeker teen Suid-Afrika op ‘n dramatiese wyse met vyf paaltjies gewen, met net twee balle oor. Die Aussies se kliniese boulwerk op die Sheikh Zayed Stadion in Abu Dhabi het die Proteas beperk tot ‘n skamele 118 vir 9. Wat ‘n maklike teiken moes wees, het egter in ‘n naelbyt-situasie vir die Aussies ontaard wat 18 lopies in hul laaste twee boulbeurte moes aanteken. Die kaptein van die Proteas, Kagiso Rabada, het na afloop van die wedstryd gesê sy span voel steeds positief: