Johannesburg verwerp beurtkrag

Die Stad Johannesburg sê hy gaan hom tot die hof wend om Eskom se hardhandige optrede teen die mense van die stad te staak. Die stad het onlangs bykomende kragvoorsiening van 220MW van die privaat Kelvin-kragstasie, bekom en kwalifiseer dus om fases 1 en 2 beurtkrag vry te spring. Eskom is hiervan in kennis gestel. Die uitvoerende burgemeester van Johannesburg, Mpho Moerane, beskryf die huidige beurtkrag as ‘n onwettige besluit wat beveg moet word. Volgens hom lyk dit nie of Eskom die inwoners van Johannesburg enigsins beter wil dien nie.