Suid-Afrikaner voor in Alfred Dunhill-beker

Dean Burmester van Suid-Afrika het ‘n eerste ronde van sewe onder syfer, 65, aangeteken en is met een hou voor Lukas Nemecz in die Alfred Dunhill-kampioenskap op Leopard Creek in Mpumalanga. Die voormalige kampioen, Branden Grace, is een van vyf spelers wat net twee houe agter die voorloper is. Burmester is verheug om weer terug in die land te wees na ‘n jaar se deelname aan die DP World-en die PGA-toer. Hy sê hy is tevrede met sy eerste dag: