Belaglik dat Mantashe toekenning kry, terwyl fase ses in werking is

ActionSA sê terwyl Suid-Afrikaners vir die vierde keer vanjaar onder fase ses-beurtkrag deurloop, spog die minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, met ‘n toekenning wat hy ontvang het vir goeie leierskap in die energiesektor. Hy sê tipies die ANC-elite, is Mantashe blykbaar onbewus van die belaglikheid van sy optrede. ActionSA se woordvoerder, Lerato Ngobeni, sê dis byna ongelooflik dat Suid-Afrika homself in ‘n situasie bevind waar byna die helfte van die land se elektrisiteitnetwerk buite werking is: