Mexiko oorweeg asiel vir Peru se Castillo

Mexiko oorweeg dit om asiel toe te staan aan Peru se gewese president, Pedro Castillo. Die 53-jarige Castillo is vroeër die week in ‘n staat van beskuldiging geplaas en in hegtenis geneem nadat hy probeer het om die Parlement sonder die nodige grondwetlike gesag of politieke ondersteuning te ontbind. Castillo se regspan het Mexiko se president, Andrés Manuel López Obrador, in ‘n brief om asiel gevra en sê hy gaan net vervolg word oor aankondigings van wil of voorneme, wat nie strafregtelike oortredings is nie.