Suid-Afrikaner verskyn vir bedrog, geldwassery aan kus

Klagte van bedrog, geldwassery, belastingontduiking en die oortreding van immigrasiewette word deur Nampol ondersoek na ‘n 62-jarige Suid-Afrikaanse man volgens die mag onwettig en opsetlik ‘n maatskappy geregistreer terwyl hy werksaam in Namibië was met ‘n relevante visum. Die polisie sê hy het sy werkgewer bedrieg deur sy geregistreerde maatskappy tydens die uitvoer en invoer van produkte tussen April 2021 en September 2022 in Walvisbaai te gebruik. Volgens die mag het hy die opbrengs van die invoere en uitvoere gebruik om ‘n fabriek op Arandis te stig. Hy het blykbaar ook versuim om belasting te betaal op die inkomste van sy geregistreerde maatskappy. Die man is gearresteer en sal vandag in die hof aan die kus verskyn.