SA kry agentskap om verkryging te monitor

President Cyril Ramaphosa sê die regering gaan ‘n onafhanklike teenkorrupsie-agentskap stig om openbare verkryging te monitor. Dit is een van die aanbevelings van die staatskapingsverslag, wat sê die agentskap sal bydra om korrupsie, bedrog en wanadministrasie te bekamp. Die kommissie beveel ook aan dat ‘n permanente teenkorrupsie-kommissie gestig word, wat oorsig uitoefen oor die Parlement en uitvoerende gesag. Ramaphosa sê dit is gepas dat hierdie aanbevelings deel vorm van die basiese herontwerp van die land se teenkorrupsie-argitektuur: