McIlroy is weer nommer eenOctober 24, 2022
Rory McIlroy is vir eerste keer sedert 2020 weer nommer een in die wêreld nadat hy sy titel op indrukwekkende wyse by die CJ-beker in Suid-Carolina verdedig het. Die speler van Noord-Ierland het ‘n eenhou-oorwinning by die Congaree-gholfklub behaal ná ‘n vier-onder-baansyfer 67 om die toernooi op 17 onder te voltooi. Dit is sy derde oorwinning van die jaar en 23ste PGA-toertitel. McIlroy sê dis ‘n wonderlike prestasie om vir die negende keer boaan die Wêreld-punteleer te wees: