Swarzand-plato by Maltahöhe lyk soos Switserland

Elize Cilliers wat op die Swarzand-plato naby Maltahöhe boer het vanoggend vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd ysreën ervaar. Sy sê die wêreld om haar lyk soos Switserland maar o wee, die dak lek…

Keetmanshoop het ook ligte reënbuie ontvang, met nog reën wat deur die dag verwag word. Terwyl winterreën normaal is in die meeste dele van suidelike Namibië, ervaar die res van die land sedert gisteraand temperature onder nul. Boere en troeteldiereienaars word versoek om spesiale voorsorgmaatreëls te tref om hul diere warm te hou.