Suid-Afrika wag op Ramaphosa se toespraak vanaand

Suid-Afrikaners wag op president Cyril Ramaphosa se toespraak vanaand oor die buurland se reaksie op die Covid-19-pandemie. Die Nasonale Gesamentlike Operasionale en Intelligensie-strukture, Natjoints, het reeds vergader om die ontstellende toename in die Delta-variant te bespreek. Die regeringswoordvoerder, Phumla Williams, sê die Nasionale Koronavirusbevelsraad kom vandag byeen. Daarna volg ‘n vergadering van die Presidensiële Koordineringsraad wat premiers, uitvoerende burgemeesters en verteenwoordigers van tradisionele leierskap insluit. ‘n Spesiale kabinetsvergadering word vanmiddag gehou om Natjoints se aanbevelings te bespreek.