Daar was al in 2018 skade bespeur in gebou in Miami wat ineengestort het

‘n Amerikaanse ingenieur het groot strukturele skade in 2018 by ‘n blok woonstelle naby Miami, Florida bespeur wat Donderdag ineengestort het. Amerikaanse media berig die raadgewer het oor skade aan die betonblad onder die swembaddek gewaarsku asook talle krake en verkrummeling van pilare, balke en mure van die parkeergarage onder die gebou. Herstelwerk sou uiteindelik begin toe die gebou ineengestort het. Hoop vervaag dat enige van die 156 vermiste mense gevind kan word. Daar is tot dusver vyf sterftes bevestig.