Swendelaars betree suurstofbedryf

Plaaslike media berig dat daar ‘n slenter aan die gang is, met swendelaars wat die suurstofbedryf betree het. Volgens berigte word geld inbetaal sonder dat die toerusting gelewer word, terwyl die toerusting wat wel gelewer word ontoereikend is vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. Johan Enslin voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging en die streeklandbou-unie, maan dat mediese dokters eers geraadpleeg moet word voordat enige toerusting aangeskaf word.Hy is bewus van gevalle van bedrog wat boere duur te staan gekom het. Swendelaars wend hulle veral tot sosiale media-platforms om hulle produkte te verkoop.