Pous Franciscus op pad na DRK

Pous Fransiscus het uit Rome na die Demokratiese Republiek die Kongo vertrek. Sy besoek aan die DRK sal fokus op die hoë prys wat betaal word vir die konflik in dié land in sentraal Afrika. Die 86-jarige geestelike sal môre in die hoofstad Kinshasa ‘n spesiale mis hou en slagoffers van die geweld in die land ontmoet.