Suid-Afrika sit verskeie diplomate van buurlande uit die land

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het verskeie diplomate van Malawi en Lesotho uit die buurland gesit. Hulle het versuim om Suid-Afrika se wette te gehoorsaam, spesifiek die onwettige handel in doeane-vrye alkohol. Die departement sê die besluit is geneem in ooreenstemming met die Weense Konvensie van 1961. Die buurlandse regering het die diplomate en hulle gesinne 72 uur gegee om die land te verlaat. ‘n Woordvoerder van die departement, Clayson Moneyla, sê hulle verwag ook dat die diplomate hulle diplomatieke status moet prysgee..