Weer meer as ‘n duisend nuwe Covid-19 gevalle in die land

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 1 399 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 664, Swakopmund 120, Gobabis 100, Oshakati 95, en Luderitz 44. Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 9 064 aktiewe gevalle , 54 137 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 64 205. Die sterfgevalle staan op die oomblik op 993.