Suid-Afrika se nasionale ramptoestand duur nóg ‘n maand

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in die buurland, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Suid-Afrika se nasionale ramptoestand tot 15 Februarie verleng. Dit is vandag in die Staatskoerant gepubliseer en dui aan die verlenging oorweeg die behoefte om die bestaande wetgewing en gebeurlikheidsreëlings uit te brei en aandag te skenk aan die uitwerking van die ramp. Dit is die 22ste maand van die ramptoestand sedert dit einde Maart 2020 verklaar is. Die DA het vroeër versoek dat die ramptoestand opgehef word.