Suid-Afrika is gasheer van SAOG se buitengewone beraad 


Suid-Afrika is vanjaar die gasheer vir die buitengewone beraad van die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap se forum oor Politiek, Verdediging en Veiligheidsamewerking. Volgende Donderdag se beraad vind plaas terwyl die streek steeds geteister word deur ‘n rits probleme, soos die veiligheidskrisis in Mosambiek, stygende brandstof- en voedselpryse, korrupsie en bejaarde leiers wat steeds vasklou aan die mag. Vergaderings van senior amptenare sal Saterdag en Sondag die beraad in Pretoria voorafgaan en die ministeriële komitee van die forum sal volgende Dinsdag vergader.