Springbok-afrigter: Jaden Hendrikse verdien sy plek in die span

Rugby: Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, sê die skrumskakel Jaden Hendrikse het sy plek in die opdrafspan vir Saterdag se derde toets teen Wallis verdien met sy goeie vertoning in die tweede toets. Nienaber het groot veranderings gemaak aan die span na die nederlaag in Bloemfontein. Die wenkbroue het egter gelig oor die besluit om die nommer nege in die Wêreldbeker-wenspan, Faf de Klerk, op die bank te laat begin. Hy sê De Klerk sal weer sy pad moet oopveg tot in die beginspan.