Tennis

Die Vroue-tennisvereniging het al sy toernooie in China, insluitend Hongkong, met onmiddellike ingang opgeskort. Dit volg te midde van vrese oor die Chinese speler, Peng Shuai. Die 35-jarige speler het uit die openbare oog verdwyn sedert sy op sosiale media beweer het dié land se voormalige vise-premier het haar seksueel aangerand. WTA se uitvoerende hoof, Steve Simon, sê hulle weet nou waar Peng is, maar hy twyfel sterk dat sy vry en veilig is en nie onderwerp word aan sensorskap, dwang en intimidasie nie. Simon sê hy kan nie insien hoe hy met ‘n skoon gewete atlete kan vra om in China deel te neem nie.