Suid-Afrika beklee die 118de plek op Wêreld-vredes-indeks

Suid-Afrika beklee die 118de plek op die 2022 Wêreld-vredes-indeks. Dit is die land se beste posisie in 14 jaar, ondanks die gewelddadige onluste in Julie verlede jaar. Dit beteken navorsers beskou die land as progressief vreedsaam. Die data is tussen 1 April verlede jaar en 1 Maart vanjaar in 168 lande aangeteken. ‘n Navorser en politieke ontleder, Xolani Dube, sê die politieke landskap het grootliks bygedra tot uitbarstings van geweld en onbestendigheid.